Abraham Lincoln

Abraham Lincoln
16de President van die Verenigde State
Ampstermyn 4 Maart 186115 April 1865
Voorganger James Buchanan
Opvolger Andrew Johnson
Geboortedatum 12 Februarie 1809
Geboorteplek Hardin County, Kentucky
Sterftedatum 15 April 1865
Sterfteplek Washington, D.C.
Eerste Dame Mary Todd Lincoln
Politieke party Republikein
Visepresident Hannibal Hamlin (1861–1865)
Andrew Johnson (1865)
Handtekening

Abraham Lincoln ['eɪbrəhæm 'liŋkən] (* 12 Februarie 1809 naby Hodgenville, Hardin County, tans: LaRue County, Kentucky; † 15 April 1865 in Washington, D.C.) het tussen 1861 en 1865 as 16de President van die Verenigde State van Amerika geregeer.

Hy was die eerste lid van die Republikeinse Party wat as staatshoof gefungeer het asook die eerste president wat in 'n politieke sluipmoord vermoor is. Ná sy oorwinning in die presidentsverkiesing van 1860 is hy in 1864 vir 'n tweede ampstermyn herkies. Abraham Lincoln was die 16e president van die VSA en is naas George Washington die land se vernaamste volksheld.

Dit was nie soseer sy bestuurs- en wetgewende vermoëns wat hom beroemd gemaak het nie, maar sy onvermoeide pogings om tydens die Amerikaanse Burgeroorlog (1860-1865) die eenheid (Unie) van sy land in stand te hou. Hy was 'n groot voorstander van die demokrasie en het slawerny in Amerika beëindig. Lincoln, wat 'n uiters eenvoudige agtergrond gehad het en sonder geleerdheid was, het hom tot die hoogste gesagsposisie opgewerk.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search